Ooievaarstee raad

ooievaarstee_tema

Beplan jy ’n ooievaarstee of babatee vir ’n toekomstige mamma? Hierso is ‘n paar riglyne …

1.PRAAT MET DIE TOEKOMSTIGE MAMMA

  • Bevestig eers vooraf met die toekomstigde mamma of sy ’n ooievaarstee wil hê. Daar is mamma’s wat nie van partytjies hou nie en ander beplan dalk eerder ’n verwelkomingspartytjie na die geboorte van die baba.
  • Kry ’n gastelys en kontakbesonderhede van die mamma.
  • Bespreek die datum en tyd met die mamma.
  • Moderne materiaal doeke begin gewild raak, so vind by mamma uit of sy materiaal- of weggooidoeke gaan gebruik. Lig die gaste ook in as sy materiaaldoeke gaan gebruik.
  • Vind uit by die mamma watter benodighede hul nog kort vir die baba.

2.BESLUIT OP ’n TEMA

  • Om volgens ’n tema te werk, help met beplanning. Dit maak die uitnodigings, versierings en kos keuses makliker.
  • Die volgende paar weke sal ek ’n paar voorbeelde van verskillende temas op my webwerf bespreek.
  • Gebruik ook Pinterest vir allerhande idees vir temas.

3.BEPLAN

  • Beplan ’n ooievaarstee waarvan die mamma sal hou, nie jy nie.
  • Swanger mamma’s raak vining moeg, so die ooievaarstee moet nie te lank wees nie.
  • Beplan die ooievaarstee ’n maand of twee voor die geboortedatum, vir ingeval babatjie besluit om vroeg te kom.
  • Beplan ’n paar speletjies of aktiwiteite vir die ooievaarstee, maar moenie speletjies kies wat die mamma en gaste ongemaklik sal laat voel nie.
  • Stuur die uitnodigings ’n maand voor die tyd uit, sodat daar genoeg tyd is vir gaste om te beplan.

4.VERSKAF GESKENK IDEES

  • Verskaf geskenk-idees aan gaste. Dis moeilik vir gaste om te raai wat die toekomstige ouers nodig het.
  • Baba’s groei vining, so verskaf riglyne aan die gaste oor watter grootte klere pas by watter seisoen.

5.KRY HULP

  • Vind uit of van die familie of vriendinne spesiale talente het waarmee hul kan help. Mense is baie keer bereidwillig om te help, maar net te skaam om aan te bied. Dalk is daar ’n fotograaf vriendin wat op die spesiale dag fotos kan neem of ’n skoonma wat lekker koekies kan bak.

Het jy al ’n ooievaarstee gereël en het jy enige wenke?

, , , ,

No comments yet.

Leave a Reply


+ 5 = eight