Ooievaarstee idee: Bennie Boekwurm

Bennie-boekwurm2

Bennie Boekwurm was deel van die Afrikaanse reeks, Wielie Walie, vanaf 1976 – 1991. So, as die mamma tydens daardie jare ‘n kind was en baie lief is vir boeke, is dit die perfekte tema vir haar. Bennie boekwurm dra altyd brille en ‘n das. So, mens kan leesbrille, dassse, boeke, wurms en alfabet letters gebruik in hierdie tema. As die mamma ‘n dogtertjie verwag, kan mens dit ook net verander na ‘n gewone boekwurm tema.

Uitnodiging idees:

  • Maak ‘n biblioteekkaartjie of ‘n boekmerk.
  • Bewoording: “‘n Nuwe boekwurmpie is oppad. Kom ons vul sy boekrak met lekker-lees boeke.”

Versiering idees:

  • Boeke, leesbrille, dasse, alfabet letters, wurms, bladsye van ou boeke, krabbel letters …

Kos idees:

  • Broodjies gesny in sirkels en teen mekaar gepak om ‘n wurmpie te maak.
  • Suurwurms en jelly wurms lekkergoed
  • Ronde vrugte op ‘n stokkie om ‘n wurm te vorm


Aktiwiteit idees:

  • Alfabet boek: Elke gas kry ‘n bladsy met ‘n letter van die alfabet wat hul moet inkleur of teken. Daarna word dit aanmekaar gesit om ‘n alfabet boek te vorm vir baba.
  • Hout alfabet letters: Gaste kan alfabet letters verf en versier vir die babakamer.
  • Hout alfabet speelblokkies: Gee vir elke gas ‘n letter en ‘n houtblokkie. Dan moet elkeen die blokkie verf volgens die letter. Aan die een kant kan hul ‘n spesiale boodskap skryf.
  • Raai die kinderboek se titel. Jy verskaf ‘n leidraad oor die boek en die gaste moet die titel raai.
  • Dasse: Elke gas bring of kry ‘n das. As iemand jou uitvang deur die dag die woord “baba” gebruik, moet jy jou das oorhandig aan daardie persoon. Die persoon met die meeste dasse aan die einde van die dag wen ‘n prys. Mens kan sommer klein dasse maak van papier en op wasgoedpennetjies plak.
  • Gaste versier hul eie boekmerk

Geskenk idees:

  • Laat elke gas ‘n kinderboek bring en ‘n spesiale boodskap voor-in skryf.
  • Boekstaanders in die babakamer se tema
  • As van die oumas ‘n duurder geskenk wil koop, kan hul selfs ‘n boekrak gee.

Gaan kyk gerus na nog boekwurm idees op my pinterest bladsy: http://www.pinterest.com/marikedesigns/party-idea-bookworm/

, , , ,

No comments yet.

Leave a Reply


× 1 = two