Archive | Creative Stationery RSS feed for this section

Moet ons onthou-die-datum kaartjies uitstuur vir ons troue?

Dis ‘n goeie idee om onthou –die-datum-kaartjies uit te stuur as jul baie gaste nooi wat van ver af moet reis of jul troue by ‘n vakansiebestemming is. Dit gee gaste kans om geld te spaar en te beplan. Stuur dit ten minste 6 maande voor die tyd. ‘n Goedkoop, maklike en informele manier om gaste in te lig van jul troue is om dit sommer met e-pos te stuur.

Hier is ‘n paar voorbeelde van onthou-die-datum kaartjies wat Marike Designs al ontwerp het.

R&G_OnthouDieDatum_medres

Sandra&Wouter-trou

TanyaEnDeanGaanTrou

Onthou-die-datum_epos

Wynand-&-Charè-Trou_epos

 

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery

Tags: , , ,

Ooievaarstee idee: Bennie Boekwurm

Bennie-boekwurm2

Bennie Boekwurm was deel van die Afrikaanse reeks, Wielie Walie, vanaf 1976 – 1991. So, as die mamma tydens daardie jare ‘n kind was en baie lief is vir boeke, is dit die perfekte tema vir haar. Bennie boekwurm dra altyd brille en ‘n das. So, mens kan leesbrille, dassse, boeke, wurms en alfabet letters gebruik in hierdie tema. As die mamma ‘n dogtertjie verwag, kan mens dit ook net verander na ‘n gewone boekwurm tema.

Uitnodiging idees:

  • Maak ‘n biblioteekkaartjie of ‘n boekmerk.
  • Bewoording: “‘n Nuwe boekwurmpie is oppad. Kom ons vul sy boekrak met lekker-lees boeke.”

Versiering idees:

  • Boeke, leesbrille, dasse, alfabet letters, wurms, bladsye van ou boeke, krabbel letters …

Kos idees:

  • Broodjies gesny in sirkels en teen mekaar gepak om ‘n wurmpie te maak.
  • Suurwurms en jelly wurms lekkergoed
  • Ronde vrugte op ‘n stokkie om ‘n wurm te vorm


Aktiwiteit idees:

  • Alfabet boek: Elke gas kry ‘n bladsy met ‘n letter van die alfabet wat hul moet inkleur of teken. Daarna word dit aanmekaar gesit om ‘n alfabet boek te vorm vir baba.
  • Hout alfabet letters: Gaste kan alfabet letters verf en versier vir die babakamer.
  • Hout alfabet speelblokkies: Gee vir elke gas ‘n letter en ‘n houtblokkie. Dan moet elkeen die blokkie verf volgens die letter. Aan die een kant kan hul ‘n spesiale boodskap skryf.
  • Raai die kinderboek se titel. Jy verskaf ‘n leidraad oor die boek en die gaste moet die titel raai.
  • Dasse: Elke gas bring of kry ‘n das. As iemand jou uitvang deur die dag die woord “baba” gebruik, moet jy jou das oorhandig aan daardie persoon. Die persoon met die meeste dasse aan die einde van die dag wen ‘n prys. Mens kan sommer klein dasse maak van papier en op wasgoedpennetjies plak.
  • Gaste versier hul eie boekmerk

Geskenk idees:

  • Laat elke gas ‘n kinderboek bring en ‘n spesiale boodskap voor-in skryf.
  • Boekstaanders in die babakamer se tema
  • As van die oumas ‘n duurder geskenk wil koop, kan hul selfs ‘n boekrak gee.

Gaan kyk gerus na nog boekwurm idees op my pinterest bladsy: http://www.pinterest.com/marikedesigns/party-idea-bookworm/

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery, Invitations

Tags: , , , ,

Ooievaarstee raad

ooievaarstee_tema

Beplan jy ’n ooievaarstee of babatee vir ’n toekomstige mamma? Hierso is ‘n paar riglyne …

1.PRAAT MET DIE TOEKOMSTIGE MAMMA

  • Bevestig eers vooraf met die toekomstigde mamma of sy ’n ooievaarstee wil hê. Daar is mamma’s wat nie van partytjies hou nie en ander beplan dalk eerder ’n verwelkomingspartytjie na die geboorte van die baba.
  • Kry ’n gastelys en kontakbesonderhede van die mamma.
  • Bespreek die datum en tyd met die mamma.
  • Moderne materiaal doeke begin gewild raak, so vind by mamma uit of sy materiaal- of weggooidoeke gaan gebruik. Lig die gaste ook in as sy materiaaldoeke gaan gebruik.
  • Vind uit by die mamma watter benodighede hul nog kort vir die baba.

2.BESLUIT OP ’n TEMA

  • Om volgens ’n tema te werk, help met beplanning. Dit maak die uitnodigings, versierings en kos keuses makliker.
  • Die volgende paar weke sal ek ’n paar voorbeelde van verskillende temas op my webwerf bespreek.
  • Gebruik ook Pinterest vir allerhande idees vir temas.

3.BEPLAN

  • Beplan ’n ooievaarstee waarvan die mamma sal hou, nie jy nie.
  • Swanger mamma’s raak vining moeg, so die ooievaarstee moet nie te lank wees nie.
  • Beplan die ooievaarstee ’n maand of twee voor die geboortedatum, vir ingeval babatjie besluit om vroeg te kom.
  • Beplan ’n paar speletjies of aktiwiteite vir die ooievaarstee, maar moenie speletjies kies wat die mamma en gaste ongemaklik sal laat voel nie.
  • Stuur die uitnodigings ’n maand voor die tyd uit, sodat daar genoeg tyd is vir gaste om te beplan.

4.VERSKAF GESKENK IDEES

  • Verskaf geskenk-idees aan gaste. Dis moeilik vir gaste om te raai wat die toekomstige ouers nodig het.
  • Baba’s groei vining, so verskaf riglyne aan die gaste oor watter grootte klere pas by watter seisoen.

5.KRY HULP

  • Vind uit of van die familie of vriendinne spesiale talente het waarmee hul kan help. Mense is baie keer bereidwillig om te help, maar net te skaam om aan te bied. Dalk is daar ’n fotograaf vriendin wat op die spesiale dag fotos kan neem of ’n skoonma wat lekker koekies kan bak.

Het jy al ’n ooievaarstee gereël en het jy enige wenke?

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery, Invitations

Tags: , , , ,

The Market at Eagle Canyon Golf Estate

Tomorrow I will be at The Market at Eagle Canyon Golf Estate (Blueberry Street, Honeydew) from 11am to 4pm. This is a family festival, soccer tournament and picnic.

10301519_264340373745171_1155963174626067574_n

At my stall you will find invitation sets for birthday parties and baby showers, gift tags, button badges, mothers day cards and alphabet posters. I plan to have a bigger range for next month’s market.

Here is a few examples of the products that will be available tomorrow.

MarikeDesigns1

MarikeDesigns2

MarikeDesigns3

MarikeDesigns4

MarikeDesigns5

MarikeDesigns6

MarikeDesigns7

MarikeDesigns8

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery, Invitations

Tags: , , , , ,

Projek: Lara se verjaarsdagpartytjie

Laas naweek was my kleinnigie, Lara, se vierde verjaarsdagpartytjie. Ek was verantwoordelik vir die uitnodigings en van die dekor vir haar “Purple Kitty Cat” partytjie. Ek en haar mamma, Zelda, het alles rondom ‘n katte en muise tema gedoen. Daar was klein kasies, marshmallow muise, kat kosbakke, kat oortjies, soetmelk …
Lara se mamma, Zelda, is ook baie kreatief en het hard gewerk om die katgesiggies te plak en katore te maak.
Die partytjie was gehou by Die Windpompie. Die kinders het dit verskriklik geniet om op die springkastele te spring, die klimraam te klouter en vir die plaasdiere kos te gee.

lara12

Lara1

Lara2

Lara3

Lara4

Lara5

Lara6

Lara7

Lara8

Lara9

lara10

lara11

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery

Tags: , , , , , ,

Projek: Rena & Gert se trou uitnodigings

Gert is ‘n boerseun en Rena is ‘n prokureur wat op die plotte groot geword het. So, natuurlik moes hul troutema ‘n plaastema met sonneblomme en windpompe wees.
Hierso hul trou uitnodigings, spyskaarte en dankie kaartjies.

R&G2_lowres

R&G1_lowres

R&G3_lowres

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery, Invitations

Tags: , , , , , , ,

Project: Greeting card for a baby shower

Eenjies-kaartjie

I’ve put together a gift pack for a baby shower. It includes a duck bath toy, baby wash and a towel with ducks on it. I also designed a greeting card that fits the theme.

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery

Tags: , ,

Projek: Sandra & Wouter se troue

DSC_1360

Op 12 April 2013 het ons vriende Sandra en Wouter getrou. Hierso is die foto’s van die spyskaarte, dankie kaartjies en tafelplasing wat ek vir hulle ontwerp het. Hul altwee is chemiese ingeneurs en was mal oor die idee van ‘n periodieketabel tafelplasing. Die foto’s is geneem deur Sherene Photography.

Project---Sandra-&-Wouter---image

Ons droom vir ons troue was …
om ‘n lekker dag saam met familie en vriende te kon geniet, ‘n geseënde huwelik te kan begin en dat al die gaste net lekker kuier en hulself geniet.
Sandra en Wouter

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery

Tags: , , ,

Project: Heather & Jason’s honeymoon adventures

H&J_HoneymoonMap_without-bleed

Heather and Jason traveled the south of Ireland for their honeymoon. They asked me to design a map with that shows the route that they traveled. They framed this print for their home.

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Decor

Tags: , ,

Project: Heather & Jason’s Thank-you postcards

TY-postcard

I created paper bunting with the words “Thank you” for Heather & Jason. On their wedding day, they asked Bron from Vanilla Photography to take a photo of them with the bunting. I then designed a Thank-you postcard for them using the photo.

Comments { 0 }
POSTED IN: Creative Stationery, Event Stationery

Tags: , , ,